Huweliksbeoftes

​Huweliksbeloftes
Ons vlieg op die vlerke van sagtheid. ry die riviere van vriendelikheid.      

Daardie aand van fluister gediggies in mekaar ore

Tot die nag verdwyn

en oggend ingesluip het daar waar hy weg gekruip het        

Voel ek  jou hartklop 

Hoor van jou sagte stem wat fluister 

Gedigte in my siel     

Jy het my hart gesteel

Ons het een hart geword daardie dag van toe af het ons 

gesweef op wolke Jy my hand vasgehou en nooit weer gelos nie 
Ons kon nie bestaan sonder mekaar so

 in die tuin van die liefde sal ons vloei …

en kyk hoe dit groei saam.

 ons sal ‘n kasteel uit eerlikheid  bou,

Nou is dit tyd om mekaar te ontmoet

Soos dit hoort

sien die wêreld deur middel van mekaar se oë.

ons sal saam lewe 

 ons lewens …

As kosmiese tweeling

Ons het ons lot voltooi       

Na n leeftyd sonder jou

Mekaar uit eindlik gevind

Ontmoet mekaar     

Nou

As man en vrou

Skrywer Maria Cornelia Abetti

Advertisements

Die lewe leer my so baie

​Die lewe leer my so baie
Al wat ek geleer het

Met tyd

Lewe is hard vol struikelblokke

Geld hou mens aan die lewe

Liefde hou mens warm in die winters van ons lewens

Ons drome gee ons n rede om op te staan

Ons klim trappe in ons lewe

Halfpad word Ons moeg en honger

En dors

Dan gee die Here ons water en kos genees al ons wonde

Gee ons skuiling

SODAT ons weer die trappe na Sy koningkryk kan uitklim

Author Maria Cornelia Abetti